Woord vir Vandag - 20 Mei 2026

Loading player...
“…alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou.” Markus 11:24 NLV
‘Oornagsukses’ neem gewoonlik baie jare
Die country-musiekster Randy Travis en sy bestuurder, Lib, onthou die maer dae van sy loopbaan - al 3 650 van hulle. Vir tien jaar lank het Lib alles moontlik gedoen om haar klub lank genoeg oop te hou sodat iemand Travis se talent kon ontdek. Randy het sy hart uitgesing. Wanneer hy nie besig was om te sing nie, het hy kos vir die klante gemaak en skottelgoed in die kombuis gewas. Toe gebeur dit. Sy deurbraak het gekom en skielik het alles begin sin maak. Hy het ‘n treffer genaamd ‘On the Other Hand’ gehad en ‘n album kontrak, ‘n toer aanbod en ‘n fliekkontrak losgeslaan. Hy was witwarm! Skielik het almal hom ‘n oornagsukses genoem. Randy onthou dit egter anders: ‘Ons is meer as een keer deur elke platemaatskappy in Nashville afgekeur. Ek is egter die soort persoon wat glo dat as jy lank genoeg aan iets werk en aanhou glo, dit vroeër of later sal gebeur.’ Randy Travis het ‘n Amerikaanse musieklegende geword, drie Grammies en sewe Dove-toekennings gewen en is in die Country Music Hall of Fame opgeneem. Dit het egter nie maklik gekom of oornag gebeur nie. Dit het gebeur omdat hy hard gewerk het, getrou deur die moeilike tye gebly het en God vir sy sukses vertrou het. Jesus het gesê: ‘…alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou.’ Jy moet egter die volgende in gedagte hou: Dit sal op God se tyd en volgens sy skedule gebeur. Jou taak is om deur geloof te bly wandel en Hom te vertrou om dit te laat gebeur.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min