Woord vir Vandag - 19 Mei 2026

Loading player...
“Hy het twee leë skuite aan die waterkant gesien waar vissermanne dit gelos het om hulle nette te was.” Lukas 5:2 NLV
Was jy jou nette?
Waarom sou vissermanne hulle nette, wat nie gebruik is nie, was? Hulle het tou opgegooi omdat hulle oornag niks daarmee uitgerig het nie. ‘…Ons het die hele nag hard gewerk en het niks gevang nie…’ (vers 5 NLV). Hulle was verslae! Jesus het egter toe opgedaag. Hy het gekom tot waar hulle was; Hy het reg in die middel van hul teleurstelling met ‘n oplossing ingestap. Eers het Hy vir hulle gevra om hulle boot te gebruik om vir die skare te preek en die menigtes te genees. Kind van God, gee alles aan Hom oor - alles wat jy het, alles wat jy is en alles wat jy ooit sal wees - en laat Hom toe om jou vir sy hoogste doeleindes te gebruik. Daarna het Hy vir hulle ‘n woord gegee wat slegs deur geloof ontvang kon word: ‘…Vaar nou dieper in en gooi jou nette uit, en jy sal baie vis vang’ (Lukas 5:4 NLV). Verstaan jy nou hoekom Hy wag tot jy alles gedoen het waaraan jy kan dink? Slegs dan is jy gereed om te luister. Al lyk dit of sy Woord nie sin maak nie, is jy dan gereed om dit sonder vrae te gehoorsaam. Is jy vandag mismoedig? Is dit jou bediening, jou huwelik, jou werk of jou gesondheid wat jou moedeloos maak? Jy is dalk besig om jou nette te was, maar dis nie verby nie. Wie het vir jou gesê God gaan jou nie weer seën nie? Wie het vir jou gesê Hy gaan nie oorwinning uit jou wanhoop voortbring nie? Dis nie verby totdat Hy sê dis verby nie. As Hy die leë nette van daardie mismoedige dissipels kon vul, dan is daar nie ‘n probleem van jou wat Hy nie kan oplos nie.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min