Woord vir Vandag - 18 Mei 2026

Loading player...
“My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees… Die Here jou God is saam met jou…” Josua 1:9 NLV
Die grootste mislukking is om nie te probeer nie
Dit is onmoontlik om suksesvol te leef sonder om risiko's te neem. Leo Buscaglia het geskryf: ‘Om te lag is om die risiko te loop om dwaas voor te kom. Om te huil is om die risiko te loop om sentimenteel voor te kom. Om lief te hê is om die risiko te loop om nie liefde terug te ontvang nie. Om te lewe is om die risiko te loop om te sterf. Om te hoop is om die risiko te loop om wanhoop te ervaar en om te probeer is om die risiko te neem om te misluk. Risiko's moet egter geneem word, want die grootste gevaar in die lewe is om niks te waag nie. Slegs die persoon wat waag, is werklik vry.’ Franklin Roosevelt het ‘n groot deel van sy lewe teen siekte geveg en was aan ‘n rolstoel gekluister. Hy het gesê: ‘Dit is gesonde verstand om ‘n manier te kry en dit uit te probeer. As dit misluk, erken dit openlik en probeer ‘n ander manier. Maar bowenal, probeer net.’ In sy boek, The Pursuit of Excellence, gee Ted W. Engstrom hierdie raad oor die belangrikheid om te probeer: ‘Vanaf vandag kan jy begin om jou gawes te geniet, te gebruik en te ontwikkel. As jy nog altyd wou skryf, skryf dan iets – ‘n kort artikel, ‘n gedig, ‘n verslag van jou vakansie. Skryf dit asof dit gepubliseer gaan word. As jy ‘n fotograaf is, maak jou beste foto’s bymekaar en skryf vir ‘n kompetisie in. As jy dink dat jy ’n goeie tennisspeler is, neem dan aan ‘n paar toernooie deel en kyk hoe jy vaar. Jy wen dalk nie die prys nie, maar dink net hoeveel jy sal leer en ervaar deur net te probeer. Die grootste mislukking is om nie te probeer nie!’
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min