Woord vir Vandag - 17 Mei 2026

Loading player...
“Word daarom klein onder die kragtige hand van God, op sý tyd sal Hy julle groot maak.” 1 Petrus 5:6 NLV
Die pad boontoe, is afwaarts
God sal nie trots van enigiemand duld nie. As selfverhewe mense weier om hulself te verootmoedig, laat hulle God geen ander keuse as om dit vir hulle te doen nie. Eendag het trots die oorhand oor Nebukadnesar, die koning van Babel, gekry: ‘…hy [het] op die dak van sy koninklike paleis in Babel rondgeloop. Hy spog toe by homself: ‘Ek het hierdie grote Babel met my eie mag as my koninklike tuiste opgebou om ‘n teken te wees van my grootheid’’ (Daniël 4:30 NLV). Dit was rou, onverbloemde, arrogante trots. ‘n Jaar tevore het Daniël die koning se droom vir hom uitgelê en gesê dat hy sy weë moet verander. Die koning het egter Daniël se waarskuwing geïgnoreer. God het op daardie oomblik gesê genoeg is genoeg en sy trotse oomblik onderbreek: ‘Terwyl die koning nog besig was om so te praat, het ‘n stem van bo uit die lug gekom: ‘Koning Nebukadnesar, hier is ‘n aankondiging vir jou: Jou koningskap word van jou af weggevat!’’ (Daniël 4:31 NLV). Gedurende die volgende sewe jaar het Nebukadnesar sy verstand verloor en is hy tot die status van ‘n dier in die bos gereduseer. Dit is hoe laag trots hom laat val het! Iemand het eenkeer gesê: ‘’n Man wat te ingenome met homself is, is maar vervelige geselskap.’ Eers toe Nebukadnesar homself verootmoedig het, het God hom genade bewys en hom sy verstand en sy heerskappy teruggegee. Dit is toe dat hy God se soewereiniteit oor alle konings en koninkryke verklaar het: ‘As gevolg hiervan loof en verheerlik en vereer ek, Nebukadnesar, die Koning van die hemel. Alles wat Hy doen, is waar. Wat Hy doen is reg. Almal wat hoogmoedig is kan Hy verneder’ (Daniël 4:37 NLV). Wees dus nederig!
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min