Woord vir Vandag - 16 Mei 2026

Loading player...
“Abraham het nie getwyfel aan God se belofte nie…” Romeine 4:20 NLV
Leef asof jy dit glo! (2)
Die Aartsbiskop van Canterbury het ‘n akteur genaamd mnr. Butterton geken. Eendag het hy vir Butterton gevra: ‘Hoe kry julle akteurs op die verhoog dit reg om julle gehore te beïnvloed deur van denkbeeldige dinge te praat asof dit werklik is, terwyl ons in die kerk van werklike dinge praat, wat ons gemeentes aanhoor asof dit denkbeeldig is?’ Butterton het geantwoord: ‘Want ons akteurs op die verhoog praat van denkbeeldige dinge asof dit waarlik werklik is en julle op die kansel praat van werklike dinge asof dit maar denkbeeldig is.’ Die wêreld het Christene nodig wat praat asof hulle glo dat dit wat God in sy Woord sê, waar is en wat daarvolgens leef. Toe Abraham tagtig jaar oud was, het God hom belowe dat hy ‘n seun sou verwek. Twintig jaar later het dit nog nie gebeur nie, maar Abraham het ferm op God se Woord gestaan: ‘Abraham het nie getwyfel aan God se belofte nie; inteendeel, sy geloof het sterker geword en so het hy die eer aan God gegee. Hy was absoluut daarvan oortuig dat God enigiets kon doen wat Hy beloof het’ (verse 20-21 NLV). William James het gesê: ‘As jy ‘n sekere karaktereienskap wil hê, moet jy optree asof jy dit reeds het.’ Hy het ook gesê: ‘Tree op asof dit wat jy doen ‘n verskil maak. Dit doen.’ Sint Augustinus het gesê: ‘God het elkeen van ons lief asof daar net een van ons is.’ As jy die waarheid hiervan ten volle begryp, sal dit jou van vrees bevry, want dit is wat God se perfekte liefde doen (sien 1 Johannes 4:18). God kan jou nie meer of minder liefhê nie, want Hy het jou reeds onvoorwaardelik en ewig lief. Jou werk is om soos sy geliefde te leef.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min