Woord vir Vandag - 15 Mei 2026

Loading player...
“Want soos hy in sy siel bereken, so is hy…” Spreuke 23:7 AFR53
Leef asof jy dit glo! (1)
‘n Halfeeu gelede is ‘n fassinerende eksperiment uitgevoer. Drie mans het hul krag op ‘n masjien getoets, met ‘n gemiddelde meting van 101 pond druk. Toe is die deelnemers gehipnotiseer en die navorser het vir hulle gesê: ‘Julle kan nie groot druk uitoefen nie, want julle is swak.’ Onder die krag van suggestie het hul gemiddelde krag tot 29 pond druk gedaal. Toe sê die navorser: ‘Nou het julle krag weer baie toegeneem.’ Hul gemiddelde krag het tot 145 pond druk toegeneem. Hul krag is vyfvoudig verhoog toe hulle gesê het: ‘Ek kan,’ teenoor toe hulle gesê het: ‘Ek kan nie.’ Dit help om aan die Skrif as ‘n padkaart te dink. Die werklikheid van jou omstandighede laat jou dikwels voel asof jy van die pad afwyk, maar dan moet jy vir leiding in God se Woord soek. Jy moet leef asof jy is wie God sê jy is, jy het wat God sê jy het en jy kan doen wat God sê jy kan doen. As jy die vyand se leuens glo, is jy diep in die moeilikheid. As jy egter God se Woord glo, sal dit jou uit die moeilikheid red en hou. Wanneer jy eensaam is, moenie sy belofte vergeet nie: ‘…Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie’ (Hebreërs 13:5 NLV). Wanneer jy voel asof jy koers verloor het, onthou sy woorde: ‘’n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming’ (Spreuke 16:9 NLV). Wanneer jy teen siekte worstel, kan jy op sy belofte staan: ‘’Ek sal jou gesond maak en jou wonde genees,’ sê die Here…’ (Jeremia 30:17 NLV). Die woord vir jou vandag is - leef asof jy dit glo!
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min