Woord vir Vandag - 14 Mei 2026

Loading player...
“…Kom ons vaar oorkant toe.” Markus 4:35 NLV
Sal jy na Christus of na die krisis luister?
Jesus het vir sy dissipels gesê: ‘…Kom ons vaar oorkant toe.’ Volgende lees ons: ‘Daar het ‘n hewige stormwind opgekom. Groot golwe het teen die boot gebreek…’ (vers 37 NLV). Die dissipels het na Jesus gedraai en gesien dat Hy vas aan die slaap is! Hulle het geskree: ‘…Leermeester, skeel dit U niks dat ons besig is om te vergaan nie?’ (vers 38 NLV). Jesus het wakker geword, die storm beveel om te bedaar en toe vir sy dissipels gesê: ‘…Hoekom is julle so verskrik? Vertrou julle My nog steeds nie?’ (vers 40 NLV). Wat ‘n verstommende teregwysing! Waarom het Jesus hulle berispe? Eenvoudig: hulle het Hom nie op sy Woord geneem nie. Hy het gesê dat hulle na die oorkant toe gaan vaar. Hy het nie gesê: ‘Ons gaan in die middel van die see verdrink,’ nie. Jesus het reeds die uitkoms aangekondig. Toe die storms egter kom, het die dissipels die gebrul van die winde gehoor en sy Woord vergeet. Jy sal ook storms ondervind. Winde sal huil, jou boot sal rondgeslinger word en jy sal ‘n keuse hê: Sal jy na Christus of na die krisis luister? Sal jy ag op die beloftes van die Skrif of op die geraas van die storm slaan? God het vir Josua gesê om dag en nag oor die Skrif te mediteer (sien Josua 1:8). Die beeld is een van ‘n persoon wat God se Woord oor en oor opsê, oefen en oorweeg. Paulus sê: ‘Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid…’ (Kolossense 3:16 AFR83). Begin met ‘n gebed: ‘O God, spreek asseblief vandag tot my hart terwyl ek u Woord lees.’ Lees dan die Skrif met ‘n oop gemoed, totdat die boodskap jou tref.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min