Woord vir Vandag - 13 Mei 2026

Loading player...
“…Gaan die hele wêreld in en verkondig die Goeie Nuus aan almal, oral.” Markus 16:15 NLV
Die hele wêreld moet God se Woord aanhoor
In 1993 het ‘n groep genaamd AD2000 United Prayer Track met ‘n innoverende idee vorendag gekom. Om hul doelwit van ‘’n kerk vir elke volk en die evangelie vir elke persoon teen 2000 NC’ te help verwesenlik, het hulle ‘n program genaamd ‘Praying through the Window’ gestig. Die ‘venster’ het na ‘n gebied op die aardbol van tien grade tot veertig grade noord van die ewenaar, van Noord-Afrika en Suid-Spanje ooswaarts tot Japan en die noordelike Filippyne, verwys. Byna drie miljard mense woon in hierdie gebied, waar die prominentste godsdienste Boeddhisme, Islam en Hindoeïsme is. Vir die hele maand van Oktober 1993, en weer in 1995, het miljoene Christene vir die mense in ‘die 10/40-venster’ gebid. Die doel was dat nuwe kerke gestig en nuwe sendelinge na hierdie gebiede gestuur word. In 1993 alleen het die aantal kerke in Albanië van 50 tot meer as 300 gegroei en die aantal Christelike gemeenskapsgroepe wat in Indië gevorm is, het van ‘n gemiddeld van drie tot sewentien per dag gestyg. As jou wêreld slegs uit jou geliefdes, jou werk en jou kerk bestaan, vra God om jou oë vir die buitewêreld oop te maak. Bid dat Hy in daardie nasies sal beweeg. ‘Vra My, en Ek gee vir jou nasies as erfporsie, die einde van die aarde as jou besitting’ (Psalm 2:8 NLV). Jy vra: ‘Kan ons realisties glo dat die hele wêreld na Christus sal draai?’ Lees die volgende: ‘Die hele aarde sal die Here erken en na Hom toe terugkeer. Mense uit elke nasie sal Hom weer dien’ (Psalm 22:28 NLV).
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min