Woord vir Vandag - 12 Mei 2026

Loading player...
“…die Here God [maak] ‘n vrou en bring haar na die mens toe.” Genesis 2:22 NLV
Wanneer jy na geselskap verlang
God het ons behoefte na geselskap erken toe Hy gesê het: ‘…Dis nie goed dat die mens alleen is nie… die Here God [maak] ‘n vrou en bring haar na die mens toe’ (verse 18, 22 NLV). Die meeste van ons is sosiale wesens wat op ons beste funksioneer wanneer ons in ander mense se geselskap is. Ons kry energie en ondersteuning van hulle. Daar is egter mense wat skaam voel om te erken dat hulle eensaam is. Hulle smag na mense om hul lewens mee te deel, maar voel dat hulle moet voorgee dat hulle niemand nodig het nie. Jy moet nie skaam voel omdat jy liefde en sosiale konneksie wil hê nie. Dit verg moed om jou begeerte na geselskap te erken en ‘n stap te neem om betrokke by mense te raak. Probleme begin egter ontstaan wanneer jou behoefte aan geselskap jou begin beheer. Wanneer jy jou waardes in gevaar stel om aanvaar te word, is die gevolg altyd negatief. Om aan ander mense vas te klou sonder om te verstaan wie hulle is of wat hulle verteenwoordig, is ongesond. Wyse besluite oor verhoudings moet nooit met ‘n gemoed wat deur vrees vir eensaamheid of desperaatheid beheer word, geneem word nie. As dit is waar jy jouself vandag bevind, is dit beter om eerder vir nou enkellopend te wees. Dit hoef net tydelik te wees. Doen dus hierdie drie dinge: 1) Vra God om jou te lei: ‘God gee aan die eensame ‘n tuiste…’ (Psalm 68:7 NLV). 2) Leef volgens die waardes wat jy wil hê jou geliefde ook moet hê. 3) Moenie toelaat dat jou onvervulde behoeftes jou soeke na geselskap lei nie, maar eerder deur dit wat jy het om te gee en met ander te deel.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min