Woord vir Vandag - 11 Mei 2026

Loading player...
“…Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie.” Jakobus 1:4 NLV
Groei deur die lewe se toetse
Jakobus skryf: ‘…wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer ‘n mens se geloof ‘n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard… Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees... Vra vir God as jy nie kan agterkom wat Hy wil hê jy moet doen nie… Maar, as ‘n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So iemand kan mos nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie. Hy is iemand wat nie tot ’n besluit kan kom nie; op so iemand kan jy nie peil trek nie’ (verse 2-8 NLV). Let drie dinge in hierdie Skrifgedeelte op: 1) Jou geloof groei wanneer dit getoets word. Jy sal nooit die krag van jou anker ken totdat jy die krag van die storm voel nie. 2) God sal jou die wysheid gee om die toets te hanteer. Hy sal nie noodwendig al jou ‘hoekoms’ beantwoord nie. Jy moet dus eerder bid: ‘Here, hoe wil U hierdie toets gebruik om my geestelik te ontwikkel? Hoe kan ek met U saamwerk om die grootste voordeel hieruit te trek? Watter veranderinge wil U in my lewe teweegbring?’ 3) Jy moet gehoorsaam wees. Dit is moontlik om God vir wysheid te vra en dan daaroor te debatteer, te talm en tyd te mors terwyl jy probeer besluit of jy Hom moet gehoorsaam. ‘So iemand kan mos nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.’ Wanneer God jou sy wysheid gee, moet jou eerste reaksie wees: ‘…Ja, Here, u dienaar luister’ (1 Samuel 3:10 NLV).
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min