Woord vir Vandag - 9 Mei 2026

Loading player...
“Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. Ons moet hierdie vermoëns reg gebruik…” Romeine 12:6 NLV
Doen net jou deel
Wanneer jy bekende musikante bestudeer, sal jy dikwels vind dat hulle hul kuns aangeleer het deur in ‘n orkes te speel. Dit is omdat sekere vaardighede - om te leer om met ander instrumente saam te smelt, tempo te handhaaf, om harder of sagter te speel, die dirigent se leiding te volg - slegs aangeleer kan word deur saam met ander mense te speel. Wat waar is van ‘n orkes, is selfs meer waar van ‘n gemeenskap van gelowiges. Jesus het dit geïllustreer in sy bekende gelykenis van die talente (sien Matteus 25:14-30). Aan een man is vyf talente gegee en het uiteindelik tien gekry. Aan ‘n ander man is twee talente gegee en het uiteindelik vier gekry. Aan ‘n derde man is een talent gegee, wat hy gaan begrawe het. In ‘n sekere sin het Jesus oor mense wat hulle deel doen en hoe belangrik dit vir God se koninkryk is, gepraat. Nie almal speel dieselfde instrument nie en nie almal vertolk dieselfde rolle nie. Sommige instrumente is harder as ander en sommige rolle is groter as ander. Dit is nie hoeveel jy het wat vir Jesus saak maak nie; maar wat jy met dit wat jy het, doen. Daar is geen onbeduidende gawes in God se koninkryk nie. Ons gawes mag dalk in grootte verskil, maar kom almal van dieselfde bron af. Al wat Christus wil hê jy moet doen, is om jou deel te doen. Hy verwag nie dieselfde resultate nie, maar Hy verwag wel dieselfde inspanning. Hy vergelyk jou nooit met iemand anders nie. Hy vergelyk jou net met jouself. Hy kyk nie na wat jy het nie; Hy kyk na wat jy doen met dit wat jy het. Doen dus net jou deel.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min