Woord vir Vandag - 8 Mei 2026

Loading player...
“Maar hulle het Hom nie herken nie.” Lukas 24:16 DB
God is vandag by jou
Wanneer jy ‘n krisis in die gesig staar, is dit maklik om perspektief te verloor. Dit het met twee van Christus se dissipels op die Emmauspad gebeur. Ontmoedig oor sy dood, was hulle ‘…ernstig aan die gesels oor die gebeure van die afgelope naweek. Terwyl hulle met swaar harte geloop en praat het, het Jesus by hulle aangesluit en saam met hulle verder gestap. Maar hulle het Hom nie herken nie’ (verse 14-16 DB). Wanneer jy jou oë van Jesus afhaal, begin jy hulpeloos oor jou situasie voel. Dr Michael Youssef sê: ‘Wanneer ek ‘n groot krisis in die gesig staar, is ek geneig om die soort persoon te wees wat se visie vaag word. My persepsies word verdraai. My argumente word eensydig. Ek sluit dikwels die einste mense wat my van die probleem kan verlos uit, net soos daardie twee dissipels gedoen het. Hul visie oor die persoon wat saam met hulle geloop en met hulle gepraat het, was vaag. Die een wie se dood hulle betreur het, was lewend, maar hulle het dit nie besef nie, want hulle het op die verkeerde dinge gefokus.’ Alles het egter verander die oomblik toe hulle Jesus herken het. ‘Hulle het daar en dan opgestaan en na Jerusalem toe teruggegaan… Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het deur die breking van die brood’ (verse 33-35 NLV). In ‘n oomblik het hulle vrees in moed, hulle pyn in vreugde en hulle wanhoop in hoop verander. Paulus het geskryf: ‘Ek bid verder dat God julle geestelike oë sal oopmaak…’ (Efesiërs 1:18 DB). Wanneer jy ophou om op die probleem te fokus en jou oë op Jesus vestig, kry jy 20/20-visie en word jy met hoop vervul.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min