Woord vir Vandag - 7 Mei 2026

Loading player...
“...Die aanklaer van ons medegelowiges is neergewerp…” Openbaring 12:10 NLV
Vry van skuld en oordeel
Satan word ‘die aanklaer van ons medegelowiges’ genoem omdat hy probeer om ons aan alles wat ons verkeerd gedoen het, te herinner. Hoekom? Sodat al ons emosionele energie aan die verlede bestee word en ons niks oor het om groot drome mee te droom of ons Godgegewe lewensopdrag mee te vervul nie. Die ironie van sy beskuldigings is die volgende: Hy laat ons onbelyde sondes met rus. Hoekom slapende honde wakker maak? Hy wil jou nie aan jou onbelyde sonde herinner nie. Hy herinner jou aan sondes wat jy reeds bely het - sondes wat reeds vergewe is. Daarom is dit valse beskuldigings; die sondes is reeds vrygespreek. Ons moet egter ‘n kritiese onderskeid tref. Veroordeling is om skuldig oor belyde sonde te voel, terwyl oortuiging nodig is om oor onbelyde sonde skuldig te voel. Oortuiging is die manier waarop ons die saak met God regmaak en met ons lewe aangaan. Leer dus om op die oortuigende stem van die Heilige Gees te fokus en die veroordelende stem van die vyand te ignoreer. Die Bybel sê: ‘As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van elke verkeerde optrede’ (1 Johannes 1:9 NLV). As ons onskuldig pleit en nie ons sondes bely nie, is ons skuldig aan dit waarvan ons aangekla word. As ons egter oor ons sondes skuldig pleit, word ons onskuldig bevind en God bewaar en beskerm ons. Ons rekord van sonde word heeltemal uitgewis. Jy kan ook nie twee keer vir dieselfde sonde verhoor word nie. Sodra jy dit bely het, word jou sonde eens en vir altyd vergewe. Die sondelose Seun van God het die skuld geneem, die houe verduur en die val namens jou gedra (sien 1 Johannes 3:5).
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min