Woord vir Vandag - 6 Mei 2026

Loading player...
“Gee vir my asseblief die heuwelgebied waarvan die Here daardie dag gepraat het… Josua het hom geseën. Hy het vir Kaleb… Hebron gegee.” Josua 14:12-13 NLV
Lewe vir ‘n saak groter as jouself
Toe Moses vir Kaleb gestuur het om die Beloofde Land te gaan verken, het Kaleb iets gesien wat hom gepla het: die dorp Hebron. Abraham het sy vrou daar begrawe en hy is self daar begrawe. So ook Isak en Jakob. Hebron was ‘n heilige plek. Nou het hulle vyande dit egter bewoon. Dit was meer as wat hy kon verduur, dus het hy Hebron vir Moses gevra. Hy het nie gevra vir Jerusalem, geleë op die berg Moria; of die Eskol-vallei, waar druiwe so groot soos pruime gegroei het; of Jerigo, waar die Jordaanrivier gevloei het nie. Hy wou Hebron hê, wat se grond deur engele besoek is en in wie se aarde die heiligste familie begrawe was. ‘Josua het hom geseën. Hy het vir Kaleb… Hebron gegee.’ Kaleb wou iets groots vir God doen. Hy het volgens ‘n hoër roeping geleef. Miskien is die rede hoekom jou probleme so groot voel, dat jou roeping te klein is. Max Lucado vertel van ‘n doktervriend wat gereeld mediese reise na afgeleë klinieke onderneem het om die plaaslike minderbevoorregtes te behandel. Hy was ‘n afgetrede chirurg met ‘n ruim inkomste. Hy kon elke dag van sy lewe in gemak en luuksheid deurbring. Hy het egter daarop gefokus om hierdie afgeleë gesondheidsklinieke vir sy eie beswil te ondersteun: ‘Ek het ‘n saak nodig wat groter is as laat slaap, televisie kyk en blokraaie invul,’ het hy gesê. ‘As ek op my eie gemak fokus, kan niks my tevrede stel nie. Wanneer ek egter op God se belange fokus, is ek ‘n gelukkige man.’ Het jy ‘n heilige saak om voor te leef? ‘n Geloof in iets om te koester? ‘n Sendingsreis om voor te leef? Vra God om jou ‘n ‘Hebron’ te gee om tot sy eer op te eis.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min