Woord vir Vandag - 2 Mei 2026

Loading player...
“Die tong is ook ‘n vuur…” Jakobus 3:6 NLV
‘n Tong wat deur die Gees beheer word (2)
Die Bybel sê: ‘…’n Klein vuurtjie kan ‘n groot bos aan die brand steek. Die tong is ook ‘n vuur…’ (verse 5-6 NLV). Mense wat in ‘n warm klimaat woon, ken die gevaar van verwoestende bosbrande wat deur woestynwinde aangedryf word. ‘n Enkele vonk van ‘n vuurhoutjie het al baie verwoestende brande begin. Hierdie soort vuur versprei vinniger en verder as wat ons ooit kan dink, vernietig huise en besighede ter waarde van miljoene rande en laat ‘n verskroeide landskap en verwoeste lewens agter. Hoeveel reputasies is al deur so ‘n sorgelose woord verwoes? Die impak van ons woorde versprei wyd en vinnig, veral in hierdie digitale era waarin ons leef. ‘n Woord wat getwiet word, kan binne sekondes oor die hele wêreld hertwiet word. Soos ‘n vuur, kan daardie woord buite beheer raak en onherstelbare skade aanrig. Daarom het Jakobus geskryf: ‘…geen mens kan die tong tem nie’ (vers 8 NLV). God kan dit egter doen. ‘Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg… selfbeheersing…’ (Galasiërs 5:22-23 NLV). Die Heilige Gees kan ‘n tong wat skinderstories versprei in een wat God verheerlik, verander. Hy kan ‘n tong wat bitterheid spoeg neem en dit in een wat seën spreek, verander. Om te skinder is om iets agter iemand se rug te sê wat jy nooit in daardie persoon se gesig sou sê nie. Om te vlei is om iets in iemand se gesig te sê wat jy nooit agter daardie persoon se rug sou sê nie. Albei is egter verkeerd. Laat ons dus saam met die Psalmdigter bid: ‘Mag die woorde van my mond… vir U aanneemlik wees…’ (Psalm 19:15 NLV).
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min