Woord vir Vandag - 1 Mei 2026

Loading player...
“…Maar ‘n mens wat sy tong in toom kan hou…” Jakobus 3:2 NLV
‘n Tong wat deur die Gees beheer word (1)
Die Bybel sê: ‘Ons maak almal baie foute. Maar ‘n mens wat sy tong in toom kan jou, kan dit ook met sy hele liggaam regkry. Net met ‘n stang in sy bek kan ons ‘n hele perd draai en laat koers kry waarheen ons wil’ (verse 2-3 NLV). As jy al ooit ‘n perd opgesaal het, weet jy dat die toom wat oor die perd se kop gepas word, ‘n stang het wat in sy bek gaan en bo-op sy tong lê. Wanneer die ruiter wil hê die perd moet stop, trek hy die teuels terug en die stang druk die perd se tong af. Die ruiter wat die perd se tong beheer, kan eintlik die perd se hele liggaam beheer - hom na regs of links stuur en dit tot stilstand, met ‘n eenvoudige trek aan die teuels, bring. Net so moet jou tong onder die beheer van die Heilige Gees wees. Hoe hard jy ook al probeer, jy kan nie jou tong deur jou eie inspanning beheer nie. Het jy al dinge gesê wat jy wens jy kon terugneem? Het jy al probleme vir jouself en ander veroorsaak deur die dinge wat jy gesê het? Het jy al dinge gesê wat jy, as jy daarop terugkyk, nie kan glo dat dit uit jou mond gekom het nie? Die probleem is dat wat jy sê nie in jou mond ontstaan nie, maar in jou hart: ‘…Waar die hart van vol is, loop die mond van oor’ (Matteus 12:34 NLV). Jy moet dus met die Gees vervul wees en ‘n hart hê wat daartoe verbind is om God se wil in elke omstandigheid te doen, om ‘n tong te hê wat deur die Gees beheer word.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min