
Agriskoops - 15 April 2026
Loading player...
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Flip de Bruyn van die maatskappy Infoled. Flip is ʼn senior verkoopskonsultant by die maatskappy wat veral fokus op landbou en kommersiële gebruik van sonkrag. Hy vertel meer oor die bekostigbaarheid van sonkrag vir landbou, veral as jou sonkragstelsel reg ontwerp is om spesifiek te werk vir jou plaas se behoeftes.

