Woord vir Vandag - 30 April 2026

Loading player...
“…’Here, hoeveel maal moet ek ‘n ander gelowige vergewe wanneer hy sonde doen teen my?..’” Matteus 18:21 ABA
Ten volle betaal
Daar is ‘n gesegde in bofbal wat lui: ‘Three strikes and you’re out!’ Ons is geneig om die lewe op dieselfde manier te speel. Ons gee mense twee of drie kanse, maar niks meer nie. God gee egter nooit moed op met ons nie. Dit is nie in sy aard nie. Toe Petrus vir Jesus gevra het hoeveel keer hy sy medegelowiges moes vergewe, het Jesus die goue standaard gestel. ‘…Ek sê vir jou: Jy moet hom nie net sewe maal vergewe nie, maar sewentig maal sewe maal’ (vers 22 ABA). Jesus vertel dan die gelykenis van ‘n koning wat sy dienaar se skuld van tienduisend talente kwytgeskeld het. Een talent het altesaam 180 maande se lone beloop - dis vyftien jaar se lone! En dis net vir een talent. ‘n Skuld van 10 000 talente sou dus altesaam 150 000 jaar se lone beloop. Met vandag se gemiddelde lewensverwagting sou dit sy dienaar 2 232 leeftye geneem het om die skuld af te betaal. Natuurlik was die gemiddelde lewensverwagting in die eerste eeu minder as die helfte van wat dit nou is, so dit sou twee keer soveel leeftye geneem het om die skuld af te betaal. Kom ons sit nou hierdie skuld in rande om. Deur ‘n minimumloon van R28.79 te gebruik, kan ons aanneem dat ‘n gemiddelde persoon Maandag tot Vrydag, van nege tot vyf werk. Dis n jaarlikse inkomste van R67 638.60. Dit lyk dalk nie na veel nie, maar as jy dit met 150,000 jaar vermenigvuldig, is dit altesaam R10,105,290,000 (drie kommas beteken miljarde). Die wonderlike waarheid is dat op grond van wat Christus aan die kruis bereik het, is jou sondeskuld - verlede, hede en toekoms - ten volle betaal. Dis ‘n waarheid waarin jy vertroue kan hê en waarop jy kan staan.
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min