Woord vir Vandag - 26 April 2026

Loading player...
“…sê nou een van julle raak die koers byster en iemand sou hom reghelp, wat dan?..” Jakobus 5:19 DB
Bly getrou aan die waarheid van God se Woord
Die Bybel sê: ‘Liewe Christene, sê nou een van julle raak die koers byster en iemand sou hom reghelp, wat dan? Wel, iemand wat so ‘n persoon weer op die regte pad help, help hom om nie sy lewe weg te gooi nie’ (vers 19 DB). Dit beteken dat ons ander mense moet help. Dit beteken ook dat ons nooit ons oortuigings eenkant toe moet skuif nie. As ons nie ‘n doelbewuste poging aanwend om naby die waarheid van God se Woord te bly nie, sal ons daarvan afdwaal. Ons leef immers in ‘n wêreld met baie afleidings. Vandag is baie mense op soek na antwoorde en aanvaarding en onderskat dus die belangrikheid van die waarheid soos dit in God se Woord geopenbaar word. Die apostel Paulus het aan sy opvolger Timoteus geskryf: ‘Jy moet getrou bly aan die dinge wat jy geleer het. Jy weet dit is waar, want jy weet jy kan dié vertrou wat jou geleer het’ (2 Timoteus 3:14 NLV). Hy het ook vir Timoteus aangemoedig: ‘Verkondig die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, weerlê en bemoedig met gesonde onderrig. Want daar kom ‘n tyd wanneer mense nie meer na die regte onderrig sal luister nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en leermeesters soek wat net verkondig wat hulle wil hoor. Hulle sal die waarheid verwerp en vreemde mites navolg. Maar jy moet in elke situasie jou teenwoordigheid van gees behou. Moenie bang wees om vir die Here te ly nie... Voltooi die bediening wat God jou gegee het’ (2 Timoteus 4:2-5 NLV). Die woord vir jou vandag is dus - bly getrou aan die waarheid van God se Woord.
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min