Woord vir Vandag - 25 April 2026

Loading player...
“…Ek het hom laat kom. Hy sal suksesvol wees in wat hy moet doen.” Jesaja 48:15 NLV
Die uitdagings en belonings van leierskap
As leier moet jy verstaan waarmee jy goed is en weet waar jy hulp benodig. Jou sterk- en swakpunte maak jou nie verkeerd of reg nie; hulle maak jou net wie jy is. Min mense behaal op hul eie sukses. Dink aan ‘n akteur in ‘n toneelstuk. Hy is dalk die een wat in die kollig is; met perfekte hare, grimering en kostuum; wat aangrypende woorde voordra en al die applous kry. Hy het die toneelstuk egter nie alleen op die planke gebring nie. Hy moes op die kostuumontwerper vir die uitrusting wat hy dra, die haar- en grimeerkunstenaars wat hom foutloos laat lyk, die dramaturg wat die woorde geskryf het en die beligting- en klankspanne wat die verhoog voorberei, staatmaak. Goeie leiers is wys genoeg om hulself met mense wat sterkpunte het wat hulle s'n aanvul, te omring. Hulle is steeds in beheer, maar hulle het spanne wat hulle help om hul visie te bereik. Jy is ‘n leier in ‘n sekere area van jou lewe - huis, familie, werk, kerk - en jy weet dat leierskap uitdagings het. Alhoewel daar beslis baie voordele aan die pos verbonde is, moet ‘n leier ook konflik, kontroversie en teenstanders wat dink dat hulle beter weet, hanteer. Dit is deel van die posbeskrywing. Jy kan egter nie toelaat dat ander mense jou daarvan weerhou om jou doelwitte te bereik nie. Nie almal sal jou aanmoedig nie. Dis maar net ‘n feit van die lewe. As jy ‘n effektiewe leier wil wees, moet jy vashou aan jou visie, ‘n wonderlike span bou om jou te help en op God se belofte staan: ‘…Ek het [jou] laat kom. [Jy] sal suksesvol wees in wat [jy] moet doen.’
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min