Woord vir Vandag - 24 April 2026

Loading player...
“Onderwerp jou aan God, dan sal jy vrede hê en sal alles met jou goed gaan.” Job 22:21 NLV
Ervaar God se vrede
Binne sekondes was Vicky se lewe aan skerwe. As sweefkunstenaar het sy beheer verloor en kop eerste in die veiligheidsnet beland. Sy het haar nek tussen die vyfde en sesde nekwerwels gebreek en was verlam, ‘n kwadrupleeg. Drie jaar na die ongeluk het sy in diepe wanhoop en selfbejammering verval, vasbeslote om haar lewe te neem. Haar poging het misluk en sy het in ‘n psigiatriese hospitaal beland. Op die vierde herdenking van haar ongeluk het sy en haar man geskei en bitterheid het by haar ingetree. Eendag is ‘n assistant aangestel om Vicky te help en te versorg. Haar naam was Mae Lynne, ‘n ware Christen wat Vicky aan Jesus Christus en die Bybel bekendgestel het. Vicky het begin leer hoe om in haar geloof vas te staan en in gehoorsaamheid aan God te wandel. Daarbenewens het ‘n pastoor haar twee jaar lank getrou van God se Woord geleer. Vicky het toe ‘n bediening van bemoediging begin deur elke week briewe aan gevangenes en ander mense met gestremdhede, te skryf. Hoe meer vreugde sy vir hulle gebring het, hoe meer vreugde het sy self ervaar. Sy skerts: ‘Kwadrupleë is nie veronderstel om soveel vreugde te hê nie, nè?’ Vicky gebruik steeds ‘n rolstoel, word soms duiselig en het af en toe asemhalingsprobleme. Sy het egter ook ‘n diep innerlike vrede en krag as gevolg van haar verhouding met Jesus. Jy kan dit ook hê. Job het gesê: ‘Onderwerp jou aan God, dan sal jy vrede hê en sal alles met jou goed gaan. Luister na sy voorskrifte en bêre hulle in jou hart. As jy terugkeer na die Almagtige en jou lewe skoonmaak, sal jy herstel word’ (Job 22:21-23 NLV).
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min