Woord vir Vandag - 22 April 2026

Loading player...
“…Julle wat die Here herinner aan sy beloftes, moenie rus nie.” Jesaja 62:6 NLV
Gebed is jou skakel met God
Die remora-vis het ‘n ovaalvormige suigskyf bo-op sy kop wat hy gebruik om aan die onderkant van ‘n haai vas te suig. Sodra die remora aan die haai vas is, hoef hy nie oor kos, vervoer of veiligheid bekommerd te wees nie. Hy voed op die kos wat uit die haai se bek val. Natuurlik het hy die opsie om self te swem, maar wanneer hy besluit om aan die haai vas te suig, moet hy gaan waar die haai gaan. Hy probeer nie om in ‘n ander rigting as die haai te beur nie. Beskerming? Dis nie ‘n probleem vir iemand wat aan so ‘n kragtige wese verbind is nie. Die remora is veilig en weet die haai kan hom na plekke neem waarheen hy nooit alleen sou kon gaan nie. Klink dit nie na die verhouding wat God begeer sy kinders met Hom moet hê nie? Hy wil hê ons moet op die woorde wat uit sy mond kom, voed. Hy wil hê ons moet saam met Hom gaan waar Hy ons lei en nie op onafhanklike uitstappies met die hoop dat Hy sal saamgaan, gaan nie. Hy wil hê ons moet met die versekering leef dat Hy nie net ons lewe nie, maar ook ons verhoudings en alles anders in ons lewe, sal beskerm. Was ons maar soos die remora-vis! Dan sou ons daagliks deur gebed aan God verbind wees. Hy wag om ons na plekke te lei waarheen ons te bang is om alleen te gaan. Die profeet Jesaja het die Joodse leiers vermaan: ‘…Julle wat die Here herinner aan sy beloftes, moenie rus nie.’ Die woord vir jou vandag is dus - gebed is jou skakel met God.
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min