Woord vir Vandag - 20 April 2026

Loading player...
“…Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy liefde het geen einde nie… Dit is elke oggend nuut.” Klaagliedere 3:22-23 NLV
God vergewe en vergeet (3)
Die Hebreeuse woord vir nuut is hadas. Dit beteken dis anders. Dit beteken dat jy dit nog nooit vantevore ervaar het nie. Vandag se genade verskil van gister se genade, of die dag daarvoor, of ook die dag daarvoor! Net soos die seisoenale griepentstof van jaar tot jaar verander, verander God se genade van dag tot dag. Dis ‘n nuwe soort genade. Hoekom? Omdat jy nie op dieselfde wyse vandag gesondig het as wat jy gister gedoen het nie! Probeer hierdie klein oefening: Tel hoe oud jy is - nie in jare nie, maar in dae. Watter getal jy ook al kry, is nie net jou ouderdom in dae nie; dis ook die somtotaal van die verskillende soorte genade wat jy tot op hede in jou lewe ontvang het. Teen die tyd wat jy een-en-twintig is, het jy 7 665 unieke genadebewyse ervaar. Wanneer jy jou middeljare bereik, is dit ongeveer 14 600. Teen die tyd wat jy aftree, het God omtrent 23 725 keer genade aan jou bewys! Sy genade vir jou is maatpas en perfek vir jou sonde, jou tekortkominge, jou behoeftes en jou foute. Sy genade pas soos ‘n handskoen! Genade en barmhartigheid is nie dieselfde ding nie. Barmhartigheid is om nie dit te kry wat jy verdien nie, en genade is om dit te kry wat jy nie verdien nie. Die apostel Petrus praat van ‘…God se ryk en onverdiende goedheid…’ (1 Petrus 4:10 NLV). Soos sneeuvlokkies, kristalliseer God se genade nooit twee keer op dieselfde manier nie. Dis wat dit so wonderlik maak!
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min