Woord vir Vandag - 19 April 2026

Loading player...
“…Ek sal al hulle oortredings en hulle sondes vergewe. Ek sal nooit eers weer daaraan dink nie.” Jeremia 31:34 NLV
God vergewe en vergeet (2)
Die Israeliete het die Pasga as ‘n manier om hul uittog uit Egipte te herdenk, gevier. Die aand voor die uittog is die Israeliete opdrag gegee om ‘n lam sonder gebrek te offer en hul deurkosyn met sy bloed te merk. Dan, wanneer die Doodsengel deur Egipte gaan, sou hy by hul huis verbygaan. Jesus se dissipels het nie besef dat hulle die Pasgamaaltyd saam met die Pasgalam (Jesus) eet nie. Jesus het hul begrip van die brood en die beker verander en verduidelik dat dit sy liggaam en bloed verteenwoordig. As gevolg van dit wat Hy by Golgota se kruis bereik het, leef ons onder die beskermende bewaring van die bloed van die Lam. Soos die Pasga, is die nagmaal ‘n herdenking van ons uittog uit slawerny. Ons was slawe van sonde, maar Christus het ons vrygemaak. Wanneer ons by die Here se Tafel gaan sit, is dit soos om aan die voet van die kruis te gaan sit - die plek waar sonde sy moses teëgekom het. Ons onthou dat ons sonde aan die kruis vasgespyker is. Sukkel jy om jou sondes en mislukkings te vergeet? Hou die duiwel aan om jou daaraan te herinner? Staan op God se Woord en beteken ‘n uitsettingsbevel op hom. God het in die Ou Testament gesê: ‘…Ek sal al hulle oortredings en hulle sondes vergewe. Ek sal nooit eers weer daaraan dink nie.’ In die Nuwe Testament het God gesê: ‘Ek sal My ontferm oor hulle ongeregtighede en Ek sal nooit weer aan hulle sondes dink nie’ (Hebreërs 8:12 NLV). Die Skrif vertel ons wat God met ons sondes doen: ‘…U sal ons sonde onder u voete vertrap, dit weggooi in die diepte van die see!’ (Miga 7:19 NLV).
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min