Woord vir Vandag - 17 April 2026

Loading player...
“Ons leef uit die wete en is absoluut oortuig dat God ons liefhet…” 1 Johannes 4:16 NLV
Wees oortuig van God se liefde vir jou
Wanneer jy misluk, misluk God se liefde nie vir jou nie. Jy moet dit egter glo om die volheid van dit wat Hy vir jou het, te geniet. Die wete van God se liefde sal jou tot oorwinning dra wanneer die magte van die hel teen jou is. Die wete van God se liefde sal jou deur die lewe se storms en na ‘n plek van vrede dra. God se liefde is nie tot die dae wanneer jy goed presteer beperk nie. Hy het jou net so lief gedurende die tye wanneer jy misluk. Jy moet oortuig van sy liefde wees, veral wanneer jy deur beproewing gaan en die duiwel jou beskuldig en sê: ‘Wel, jy moes iets verkeerd gedoen het.’ God se liefde word nie op ‘n merietestelsel uitgedeel nie. Jy het niks gedoen om sy liefde te verdien nie; daarom kan jy niks doen om dit te verbeur nie. Johannes het geskryf: ‘Ons leef uit die wete en is absoluut oortuig daarvan dat God ons liefhet. God is die liefde self en almal wat uit dié liefde leef, leef in ‘n hegte verhouding met God en God met hulle. Hiertoe is God se liefde ten volle in ons verwesenlik, dat ons vrymoedigheid kan hê op die oordeelsdag. Want dan sal ons ook in hierdie wêreld wees soos Hý is. Ware liefde het nie plek vir vrees nie; volwasse liefde dryf die vrees uit omdat vrees nog met straf behep is, en wie aanhou vrees, het nog nie dié volwasse liefde bemeester nie’ (1 Johannes 4:16-18 NLV). Wees dus ten volle oortuig van God se liefde vir jou.
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min