Woord vir Vandag - 16 April 2026

Loading player...
“en julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak.” Johannes 8:32 NLV
Kliek op die ‘save’ knoppie
As jy ‘n rekenaar gebruik, weet jy wat die ‘save’ knoppie is. Om ‘n dokument te stoor, druk jy net die ‘save’ knoppie. Woorde op die skerm word dan in die kern van die masjien gestoor. Solank die woorde slegs tot die skerm beperk is, is hulle kwesbaar om uitgewis te word. Ons vervloek die rekenaarmonster wanneer dit ons harde werk verslind wanneer ons vergeet om die ‘save’ knoppie te druk. Sodra ons egter ons werk stoor, is dit veilig. Kliek jy op die ‘save’ knoppie wanneer jy die Skrif lees? Jy stoor die waarheid wanneer jy doelbewus toelaat dat dit wat jy gelees of gehoor het, deel word van wie jy is. Jesus het gesê: ‘en julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak.’ Soos jy die waarheid leer en stoor, bevry dit jou van skuldgevoelens, vrees, trots, woede, ens. Waarheid wat gestoor word, hervorm jou en het ‘n impak op jou hart. Slegs wanneer jy toelaat dat die waarheid van die Skrif die gesag in jou lewe word, sal jy ervaar hoe dit werk. Bid die volgende: ‘God, spreek vandag asseblief tot my hart terwyl ek u Woord lees.’ Lees dan die Skrif met ‘n oop hart totdat ‘n teksvers jou aanraak. God het vir Josua gesê indien hy die opdragte van die Skrif sou uitvoer, Hy sy weg voorspoedig sou maak (sien Josua 1:8). Die belofte van voorspoed sluit finansies in, maar dit verwys ook na ‘n welgestelde gees, verstand en liggaam. God gee nuwe vaardighede aan ‘n leier, beter slaap aan ‘n werker, meer geduld vir ‘n onderwyser, dieper liefde vir ‘n moeder en groter hoop vir ‘n bejaarde persoon. Kliek dus op die ‘save’ knoppie!
23 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min