Woord vir Vandag - 15 April 2026

Loading player...
“Ek wil oor u bevele nadink en let op u weë.” Psalm 119:15 NLV
Mediteer en memoriseer
Meditasie is die effektiefste manier om God se Woord in te neem. ‘Gelukkig is die mens wat… vreugde vind in die gebooie van die Here en sy voorskrifte dag en nag oordink’ (Psalm 1:1-2 NLV). God sal jou help om dit waaroor jy mediteer en memoriseer, te onthou wanneer jy dit nodig het. ‘en wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom… sal Hy julle in alle opsigte onderrig en julle ook herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het’ (Johannes 14:26 NLV). Jeremiah Denton, ‘n hooggeplaaste Amerikaanse soldaat, is tydens die oorlog in Vietnam aan uitmergelende marteling onderwerp. Hy het egter oorleef en teruggekeer huis toe om ‘n senator in Alabama te word. Hoe het hy dit gedoen? Hy sê dat een van sy basiese maniere om te oorleef was om gedeeltes uit die Skrif wat hy gememoriseer het, aan te haal. Die Skrif was sy onsigbare swaard om die wreedste wapens van die vyand af te weer. Deur innerlik op die krag van God te fokus om hom te onderhou en te versterk, kon hy bo sy omstandighede uitstyg. Teksverse wat hy jare gelede gememoriseer en oor gemediteer het, het sy gebede van verlossing geword. Wanneer jy oor God en sy Woord mediteer en sy vele beloftes en dade van getrouheid onthou, groei jou geloof en jou vrese verdwyn (sien Romeine 10:17). Dawid het dit goed verstaan. Hy het baie keer in sy pogings om die toorn van koning Saul te ontsnap, die grootheid van God onthou en is hy versterk. ‘Ek prys die Here wat my insig gee; ook in die nag is ek daarvan bewus’ (Psalm 16:7 NLV). Doen jouself ‘n groot guns: Begin om oor God se Woord te mediteer en dit te memoriseer.
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min