Woord vir Vandag - 14 April 2026

Loading player...
“Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou…” 2 Kronieke 16:9 NLV
Verantwoordelikheid en die vermoë om daarop te reageer
God gee nooit aan ‘n persoon verantwoordelikheid sonder die vermoë om daarop te reageer nie. Jy kan dus vandag in die spieël kyk en met vertroue sê: ‘God, U het my hierdie verantwoordelikheid gegee en die vermoë om daarop te reageer.’ Wanneer God gewone mense in die Bybel geroep het om groot dinge te doen, het hulle gewoonlik met ‘n gevoel van ontoereikendheid gereageer. Toe God Moses opdrag gegee het om die Israeliete uit Egiptiese slawerny te lei, het Moses ‘… by die Here gepleit: ‘Ag Here, ek is nie goed met my mond nie. Ek was nog nooit iemand wat goed kon praat nie. Selfs waar U nou hier met my praat, haak my tong vas’’ (Eksodus 4:10 NLV). God wou egter nie verskonings hoor nie en het vir Moses gesê: ‘Loop, gaan maak soos Ek vir jou sê! Ek sal jou goed laat praat en vir jou voorsê wat jy moet sê’ (Eksodus 4:12 NLV). Toe God vir Gideon gesê het om die Israeliete na oorwinning teen die magtige leër van Midian te lei, lees ons: ‘Maar Gideon sê vir Hom: ‘Verskoon my, Meneer, maar hoe kan ek Israel red? My familie is een van die swakstes in Manasse. Ek is die onbelangrikste lid van my gesin.’ ‘Ek is dan saam met jou!’ het die Here vir hom gesê. ‘Jy sal al die Midianiete verslaan asof jy net teen een man veg’’ (Rigters 6:15-16 NLV). Gideon het ‘n leër van 135 000 met slegs 300 soldate - plus God - verslaan. Die volgende keer wat Satan jou dus herinner dat jy ontoereikend is, sê: ‘Jy is reg! Maar ek is egter verbonde aan ‘n God wat almagtig, alwetend en altyd teenwoordig is. Deur Hom is ek tot alles in staat!’ (sien Filippense 4:13).
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min