Woord vir Vandag - 12 April 2026

Loading player...
“…Pa, ek het gesondig…” Lukas 15:18 NLV
Ware berou bring herstel mee
Die verhaal van die verlore seun illustreer die betekenis van ware berou en bekering. Dit gaan oor ‘n jong Joodse man wat in opstand teen alles wat hy geleer is, gekom het, sy pa die rug toegekeer het, deur die helder ligte van die groot stad verlei is en uiteindelik in ‘n varkhok beland het. Hy het egter drie dinge gedoen wat sy lewe omgedraai het. Eerstens het hy van plan verander. ‘Toe hy uiteindelik tot sy sinne kom, het hy vir homself gesê: ‘By die huis het selfs die gehuurde werkers meer as genoeg kos, en hier is ek besig om van honger dood te gaan!’’ (vers 17 NLV). Tweedens het hy sy wilskrag verander. ‘Ek sal huis toe gaan na my pa toe en sê: Pa, ek het gesondig teen sowel die hemel as teen Pa’ (vers 18 NLV). Derdens het hy opgetree. ‘Hy het dus teruggekeer huis toe na sy pa toe…’ (vers 20 NLV). Bekering is ‘n verandering van denke, wat ‘n verandering van wilskrag teweegbring en lei tot ‘n verandering van optrede. Hier is twee dinge wat jy oor sonde moet weet: 1) God sal elke sonde wat jy probeer toesmeer, openbaar. ‘Julle moet dus nie voortydig ‘n oordeel vel voordat die Here kom nie. Hý sal sy lig laat skyn op die dinge wat in die donker verborge lê, en Hý sal die motiewe van ons harte aan die lig bring…’ (1 Korintiërs 4:5 NLV). 2) God sal elke sonde wat jy openbaar, bedek. ‘Wie sy oortredings verswyg, sal nie voorspoedig wees nie. Wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang’ (Spreuke 28:13 NLV). Gaan dus voort en bely en laat vaar jou sonde, want God sal dit met die bloed van Christus bedek. Daar is geen rede om te wag nie. Doen dit nou.
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min