Woord vir Vandag - 11 April 2026

Loading player...
“Omdat julle respek het vir wat Christus vir julle gedoen het, moet julle aan mekaar onderdanig wees.” Efesiërs 5:21 NLV
Veg vir jou huwelik
Paulus het geskryf: ‘Omdat julle respek het vir wat Christus vir julle gedoen het, moet julle aan mekaar onderdanig wees.’ Satan is die huwelik se vyand. Om hom te verslaan, moet jy eers weet hoe om te identifiseer waar, wanneer en hoe hy aan die werk is. Solank as wat julle daarop fokus om met mekaar te baklei of mekaar te blameer, sal julle huwelik aanhou om met elke mislukte versoek tot intimiteit, elke onvervulde verwagting en elke dag wat jy hopeloos wens dat jou eggenoot sal verander, in verdere ellende verval. Ja, jy moet beter kommunikasiepatrone aanleer, leer hoe om te vergewe en hoe siekte of finansiële probleme hanteer moet word. Wanneer jy egter besef dat hierdie dinge hul ontstaan by dieselfde bose bron het, kan jy dit soveel effektiewer beveg. Doen die volgende twee dinge: 1) Fokus eers op jouself. Jy kan niemand anders as jouself verander nie. In baie opsigte kan jy selfs dit nie eers doen nie. Jy het God se ingryping in jou eie lewe nodig (sien 2 Korintiërs 3:18). Jy moet verstaan wie God jou roep om in jou huwelik te wees. (2) Bid vir en saam met jou eggenoot (sien Matteus 18:19). Gebed is onontbeerlik om die vyand in jou huwelik te verslaan. Bid vir leiding in wat God wil hê jy moet doen. Indien jou eggenoot gewillig is, bid saam en hardop. Nooi God om by jou huwelik in te gryp en dit ‘n voorbeeld van die werk wat slegs Hy in twee mense se lewens kan teweegbring, te maak. Jy kan Christus se oorwinning in jou huwelik ervaar.
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min