Woord vir Vandag - 9 April 2026

Loading player...
“Wees dus baie versigtig hoe julle lewe… Benut elke geleentheid…” Efesiërs 5:15-16 NLV
Lewe doelbewus
As jy nou wyse besluite neem, sal jy ‘n beter toekoms hê. As jy nou jou tyd mors, sal jy later spyt wees. Daarom moet jy die regte ding doen wanneer jy die geleentheid het om dit te doen. Paulus het geskryf: ‘Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra’ (Efesiërs 3:20 NLV). God is in staat om groot dinge te doen soos sy krag deur jou werk. Dit gaan dus nie net daaroor dat God dinge vir jou doen nie; Hy wil ook dinge deur jou doen. Hou op wens dat omstandighede in jou lewe verander en begin aksie neem! Bid en bestudeer God se Woord. Soos Hy dan tot jou hart spreek, tree in geloof op en doen wat Hy jou lei om te doen. God het jou geskep om doelbewus te leef! Hy het jou nie net geroep om besig te wees nie - Hy het jou ook geroep om goeie vrugte te dra (sien Johannes 15:16 NLV). Dit is maklik om in die besige lewe vasgevang te word. Jy moet egter ook tyd neem om na te dink oor hoe jy jou tyd bestee! Voor jy gaan slaap, dink na oor die dinge waarmee jy jou dag gevul het: watter dinge het God se plan en doel vervul en watter dinge was ‘n afleiding? Vra God om die dinge wat moet verander en hoe jy beter keuses kan maak, wat met sy wysheid ooreenstem, aan jou te openbaar. Steun dan op Hom vir die krag wat jy nodig het om daardie veranderinge te maak. As jy dit doen, sal jy vervuld, vreedsaam en opgewonde wees oor hoe God in jou lewe werk.
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min