Woord vir Vandag - 7 April 2026

Loading player...
“as jy in 'n strik getrap het deur die woorde van jou mond… doen dan dit… Gaan - verneder jouself!..” Spreuke 6:2-3 AFR20
Word nederig en probeer om dit reg te maak
In 1755 het ‘n drie-en-twintigjarige kolonel van die weermag ‘n beledigende opmerking as deel van van een van sy politieke veldtogtoesprake gemaak. Dit was op ‘n humeurige man, genaamd Payne, gemik, wat gereageer het deur die kolonel met ‘n stok te slaan. Soldate het die kolonel te hulp gesnel en dit het gelyk of ‘n volskaalse geveg op die punt was om uit te breek. Die voornemende politikus het egter opgestaan, homself afgestof, die soldate weggestuur en die toneel stilweg verlaat. Die volgende oggend het die kolonel aan Payne geskryf en sy teenwoordigheid by ‘n plaaslike taverne versoek. Payne het ingestem, maar hy het gewonder watter eise die kolonel sou stel - miskien ‘n verskoning of selfs ‘n tweegeveg. Tot Payne se verbasing het die kolonel hom met ‘n verskoning begroet, vergifnis vir sy neerhalende opmerkings gevra en ‘n handdruk aangebied. Ander mense mag dalk die gebaar as polities gemotiveerd afgemaak het, maar kolonel George Washington het dit ter wille van sy innerlike vrede nodig geag, terwyl hy met sy politieke veldtog op pad om Amerika se eerste president te word, voortgegaan het. Jesus het gesê: ‘As jy dus jou offer na die altaar toe bring en dit val jou daar by dat jou medemens ‘n grief teen jou koester, los jou offer net daar voor die altaar en gaan maak eers vrede met daardie persoon. Kom dan terug en bring jou offer. Sorg dat jy baie gou op goeie voet met jou teenstander kom…’ (Matteus 5:23-25 NLV). Salomo het gesê: ‘as jy in 'n strik getrap het deur die woorde van jou mond… doen dan dit… Gaan - verneder jouself!..’ (Spreuke 6:2-3 AFR20). Die woord vir jou vandag is: Word nederig en probeer om dit reg te maak.
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min