Woord vir Vandag - 3 April 2026

Loading player...
“…Maar hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het God se genade geword.” Romeine 5:20 NLV
Oorvloediger
Net oomblikke voor Hy sy laaste asem uitgeblaas het, het Jesus van die kruis af uitgeroep: ‘Tetelestai!’ Dit word vertaal as: ‘Dit is volbring.’ Dit is dieselfde woord wat in die Nuwe Testamentiese tyd op kwitansies geskryf is, wat aangedui het dat ‘n skuld ten volle betaal is. Jesus se dood aan die kruis was die finale paaiement om vir die sonde te betaal. Die volle skuld van elke sondaar wat na Hom toe vir verlossing kom, is ten volle by Golgota betaal. Paulus het geskryf: ‘…Maar hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het God se genade geword.’ Die genadebank is nooit gesluit nie en daar is nooit onvoldoende fondse nie. In ‘n breukdeel van ‘n sekonde nadat ons ons sonde bely het, vind ‘n wonderbaarlike transaksie plaas. Al ons sonde word na Christus se rekening oorgeplaas en ten volle betaal. Daar vind egter ook ‘n tweede oordrag plaas. Al Christus se geregtigheid word ook na ons rekening toe oorgedra! Paulus het dit as volg verduidelik: ‘Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en nie die mense se oortredings teen hulle hou nie… God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan word’ (2 Korintiërs 5:19, 21 NLV). Om ‘in Christus’ te wees, beteken dat ons in sy geregtigheid, eerder as ons eie, geklee is. Dus, wanneer ons voor God staan, hoef ons nie rekenskap van ons sonde te gee nie, want dit is reeds aan die kruis verreken. Die Vader sal die geregtigheid van sy Seun wat aan ons rekening oorgedra is, sien.
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min