Woord vir Vandag - 2 April 2026

Loading player...
“Hierdie oes is die Here s’n. Vra Hom dan om werkers vir sy oesland te voorsien.” Matteus 9:38 NLV
Hy soek werkers
Toe Martin Luther die werk begin het wat tot die Groot Hervorming gelei het, het sy vriend Myconius gesê: ‘Ek kan die beste help net waar ek is. Ek sal hier bly en bid terwyl jy jouself inspan.’ Een nag het Myconius egter gedroom en gehoor hoe Jesus vir hom sê: ‘Volg My.’ Jesus het hom na ‘n bergtop gelei en ooswaarts gewys. Myconius het gekyk en ‘n vlakte gesien wat met duisende en duisende skape besaai was en een man wat probeer het om hulle aan te keer. Myconius het die man as sy vriend, Martin Luther, herken. Die Verlosser het toe weswaarts gewys en Myconius het ‘n groot mielieland gesien, met slegs een werker wat die land moes oes. Die eensame arbeider was duidelik uitgeput, maar hy het volgehou. Myconius het die werker as Martin Luther herken. ‘Dit is nie genoeg dat ek net bid nie,’ het hy gesê toe hy wakker word. ‘Die skape moet opgepas word en die mielieland moet geoes word. Hier is ek; stuur my.’ Hy het dadelik na Luther gaan soek en aangebied om vrywillig, in watter hoedanigheid Luther ook al verlang, te dien. Die Bybel sê: ‘Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak oor hulle seerkry en weerloosheid… Daarop sê Hy vir sy dissipels: ‘Die oes is groot, maar die werkers wat dit moet insamel, is so bitter min. Hierdie oes is die Here s’n. Vra Hom dan om werkers vir sy oesland te voorsien.’’ Die enigste ‘gebedsversoek’ wat Jesus ooit gemaak het, was vir werkers om die oes in te samel. Hy roep jou om een van hulle te wees.
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min