Woord vir Vandag - 1 April 2026

Loading player...
“Dit is die gees in die mens wat die mens insig gee, die asem wat van die Almagtige kom.” Job 32:8 NLV
Moenie jouself met ander vergelyk nie
Elihu het skielik in Job 32 sy stem laat hoor. Dit is duidelik dat hy die hele tyd teenwoordig was, maar hy het stilgebly omdat hy geglo het dat Elifas, Bildad en Sofar ouer en wyser as hy was. ‘…Ek is nog jonk, en julle is al oud. Daarom was ek bang. Ek wou nie waag om te sê wat ek dink nie’ (Job 32:6 NLV). Nadat hy die lang en betekenislose argumente van Job se drie ouer vriende aangehoor het, het Elihu skielik die moed gekry om te praat: ‘Dit is die gees in die mens wat die mens insig gee, die asem wat van die Almagtige kom. Maar soms het bejaardes nie begrip nie… Luister daarom na my mening. Ek sal julle sê wat ek dink’ (Job 32:8-10 NLV). Hy het toe vir die volgende ses hoofstukke onophoudelik gepraat. Hy het homself nie meer as minderwaardig teenoor die ander beskou nie. Gevoelens van minderwaardigheid duik op wanneer jy jouself met ander vergelyk. Jy kan ook na die ander uiterste gaan en met ‘n gevoel van meerderwaardigheid opeindig. Daarom moet jy nooit jouself met ander mense vergelyk nie. Het jy al ooit so onvoldoende gevoel dat jy eerder stilgebly het en geweier het om te praat, al het jy ‘n waardevolle gedagte of idee gehad? Jy moet besef dat dit nie jou vermoë is wat jou sukses bepaal nie, maar ‘die asem wat van die Almagtige kom,’ wat jou insig gee. Die geheim tot sukses is om daagliks op God se krag te steun om jou in staat te stel om daardie sukses te bereik. Wanneer jy van hierdie waarheid oortuig is, sal jy nuwe vlakke van risiko en verantwoordelikheid kan aanpak, sonder om mislukking te vrees.
22 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min