Woord vir Vandag - 31 Maart 2026

Loading player...
“Laat u koningsheerskappy spoedig kom…” Matteus 6:10 NLV
Dra God se koningsheerskappy uit
Elke keer wanneer jy konflik met iemand het, maar na hulle toe gaan en versoening en vergifnis vra – breek God se koninkryk in hierdie wêreld aan. Elke keer wanneer jy geld aan iemand wat honger of haweloos of arm is gee – breek die koninkryk in hierdie wêreld aan. Elke keer wat iemand ‘n verslawing met God se hulp probeer oorkom en bereid is om hulp by ‘n liefdevolle gemeenskap te kry – breek die koninkryk in hierdie wêreld aan. Elke keer as ‘n ouer wat aan sy of haar werk verslaaf is besluit om op te hou om hul werk te verafgod, hul lewe te herrangskik en die gesin wat aan hulle toevertrou is, te begin liefhê en versorg – breek die koninkryk in die hierdie wêreld aan. Elke keer wat jy iemand insluit wat eensaam is, elke keer as jy iemand aanmoedig wat ontmoedig is, elke keer wat jy iemand wat van die pad afdwaal uitdaag en elke keer wanneer jy die behoeftiges dien - breek die koninkryk van God in hierdie wêreld aan. Jesus het ons geleer om te bid: ‘Laat u koningsheerskappy spoedig kom. Laat u wil hier op aarde uitgevoer word soos in die hemel.’ Let op dat Hy nie vir ons gesê het om te bid: ‘Kry my hier uit sodat ek na God se koninkryk kan gaan!’ nie. Sy gebed was: ‘Laat die hemelse dinge aarde toe kom. Laat dinge hier onder, in my lewe, verloop soos hulle daar bo in die hemel verloop.’ Die antwoord op hierdie gebed begin by jou persoonlik: jou liggaam, jou verstand, jou denkwyses, ens. Dan versprei dit na jou werkplek, jou familie, jou buurt, jou kerk en jou invloedsfeer. Dit alles begin deur jouself hierdie vraag af te vra: ‘Waar wil ek God se teenwoordigheid en krag in my wêreld sien aanbreek?
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min