Woord vir Vandag - 30 Maart 2026

Loading player...
“…Alles wat ons het, kom van U af, en ons gee vir U net dit wat U reeds vir ons gegee het!” 1 Kronieke 29:14 NLV
Jy is ‘n rentmeester
Toe die volk van Israel offers gebring het om die tempel te bou, het Dawid gesê: ‘…Alles in die hemel en op die aarde behoort aan U, Here… Rykdom en eer kom van U alleen… Alles wat ons het, kom van U af, en ons gee vir U net dit wat U reeds vir ons gegee het!’ (verse 11-12, 14 NLV). Stel jou vir ‘n oomblik voor dat jy daarvoor verantwoordelik is om iemand anders se geld weg te gee. Jy mag dit nie spandeer nie; jy mag net besluit waarheen dit moet gaan. ‘n Mens sal dit geniet om so ‘n filantroop te wees! Wie sou dit nie geniet om ‘n lewenslyn te wees vir diegene wat dit werklik nodig het nie? Sou jy nie ‘n bietjie rustiger slaap as jy weet dat jy ‘n verskil in die wêreld gemaak het nie? Dit is die situasie waarin jy jou as rentmeester oor dit wat God aan jou toevertrou het, bevind. Jy is iemand anders se geld en die geleentheid om te besluit waarheen dit moet gaan, gegee. Die enigste iets wat tussen jou en ongebreidelde vreugde staan, is om daardie werklikheid te omhels en jouself in die werk van God se koninkryk op aarde te stort. ‘n Boer koop nie saad om dit te eet of te bêre nie. Hy besluit waar om dit te plant. Eers nadat die saad onherroeplik in die grond geplant is, word ‘n oes teruggegee. Dit is hoe vreugde verwesenlik word. Net anderkant die vrees wat jou vrygewigheid demp, wag ‘n oes van vreugde. Daarom het Paulus geskryf: ‘…munt dan nou ook uit in hierdie liefdeswerk’ (2 Korintiërs 8:7 NLV).
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min