Woord vir Vandag - 29 Maart 2026

Loading player...
Hou julle lewe vry van die honger na geld. Laat wat julle het, vir julle genoeg wees…” Hebreërs 13:5 NLV
Wees tevrede
Mense wat gelukkig was toe hulle hul klere by tweedehandse winkels gekoop het, bly gewoonlik gelukkig sodra hulle ontwerpersklere kan bekostig. Diegene wat nie gelukkig was nie, is steeds dieselfde ongelukkige as toe hulle arm was; hulle trek net beter aan. Om te leer hoe om tevrede te wees met wat jy het en om daarvoor dankbaar te voel, moet jy ‘n begrip van dit wat geld kan en nie kan doen nie, hê. Daar is dinge in die lewe waarop jy nie ‘n prys kan plaas nie: goeie gesondheid, ‘n familie wat jou liefhet, die ondersteuning van ‘n jarelange vriendskap, die gevoel van prestasie wanneer jy sien dat jou harde werk vrugte afwerp. Jy kan nie hierdie ‘besittings’ in terme van kontant waardeer nie. As jy dink jy het niks om voor dankbaar te wees nie, dink aan die geluid van jou kind se lag, die gebreek van die see wanneer golwe die strand tref, die onvoorwaardelike groet wat jy elke dag van jou troeteldier ontvang en die drukkie van ‘n vriend wat jy lank nie gesien het nie. Hierdie items is van onskatbare waarde en het niks met aandele of winste te doen nie. Wanneer jy alles in die lewe begin tel, kom jy agter dat die beste dinge gratis is. As jy nie met jou finansiële situasie gelukkig is nie, moet jy stappe neem om dit te verander. Dis wysheid en goeie rentmeesterskap. Voordat jy dit egter kan doen, moet jy ‘n oudit van jou persoonlike bates doen. Ja, dit kan opwindend wees om die buit van sukses te geniet. Jy moet egter onthou om ook die skoonheid van die lewe te waardeer - dis gratis. Dit sal vir jou vervulling op ‘n manier wat geld en dinge nooit kan doen nie, bring.
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min