Woord vir Vandag - 28 Maart 2026

Loading player...
“Gelukkig is dié wat vervolg word ter wille van wat voor God reg is, want hulle het deel aan sy koninkryk.” Matteus 5:10 NLV
Die agste Saligspreking
Jesus het gesê: ‘Gelukkig is dié wat vervolg word ter wille van wat voor God reg is, want hulle het deel aan sy koninkryk. Gelukkig is julle wanneer julle bespot en vervolg word en allerhande leuens oor julle versprei word omdat julle my dissipels is. Wees bly, ja, jubel daaroor, want God sal julle ryklik daarvoor beloon…’ (verse 10-12 NLV). Om ter wille van geregtigheid vervolg te word, is om te leef soos Jesus geleef het - met sy karakter, sy motiewe, sy gehoorsaamheid, sy vertroue in die Vader en sy reinheid van hart. Dit is om ‘n vredemaker te wees, om te honger en te dors na wat reg is, om jou rug op sonde te draai en ‘n fontein van barmhartigheid te wees. As jy so leef, sal jy vervolg word, net soos Jesus vervolg is. Jesus het die waarheid gepraat, die waarheid geleef en was bereid om vir die waarheid te sterf. Hy het nooit probeer om ‘n bakleiery te begin nie, maar Hy het elke keer wanneer die waarheid uitgedaag is, daarvoor opgestaan Hy het ook belowe dat wanneer jy om dieselfde redes as Hy beledig en mishandel word, jy die koninkryk van die hemel sal ontvang, mits jy getrou bly. Jy sal dus ‘n beloning in die hemel hê en jy sal geestelike gesag in die koninkryk van die hemel ontvang. Die lyding wat jy hier op aarde mag ondervind, is slegs tydelike verwerping, belediging of mishandeling. Wat jy egter in die hemel verkry, sal ewig en glorieryk wees. Die Bybel sê: ‘Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie’ (Romeine 8:18 NLV).
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min