Woord vir Vandag - 25 Maart 2026

Loading player...
“Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.” Matteus 5:7 AFR83
Die vyfde Saligspreking
Barmhartigheid is meer as vergifnis, minder as liefde, anders as genade en een met geregtigheid. Vergifnis spring eers aan die werk wanneer ‘n oortreding gepleeg word, maar barmhartigheid is te alle tye operasioneel. Barmhartigheid lei tot en bring vergifnis voort, maar barmhartigheid is meer as vergifnis. Barmhartigheid reik na die swakkes, die behoeftiges en diegene wat beskerming en leiding nodig het, uit. Net soos vergifnis uit barmhartigheid vloei, vloei barmhartigheid uit liefde. Liefde is die bron van barmhartigheid, maar liefde is groter as barmhartigheid - dit bestaan los van enige behoefte of sonde. Barmhartigheid bied verligting van straf, maar genade bied volkome vergifnis. Barmhartigheid verlig ons pyn, maar genade genees die siekte. Barmhartigheid sien foute oor, maar genade vergeet die foute. God is terselftertyd beide barmhartig en regverdig. Barmhartigheid wat sonde ignoreer of weier om dit te hanteer, is valse barmhartigheid. Geregtigheid vereis dat ons sonde in die gesig staar en dit hanteer. Barmhartigheid gee ons die voorreg om sonde in die gesig te staar en dit te hanteer, sodat ons vergewe kan word. Jesus het gesê: ‘Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.’ Hoe meer barmhartigheid ons betoon, hoe meer barmhartigheid ontvang ons van God. Ons moet kanale vir God se barmhartigheid wees, met ‘n steeds toenemende kapasiteit om dit aan ander te bewys. Die persoon wat barmhartigheid betoon, word van emosionele kettings losgemaak, van geestelike slawerny bevry en van die bitterheid wat geestelike groei belemmer, bevry. Barmhartigheid wat van God na ons vloei, verwyder die dinge wat ons verhinder om heel te word. Die goeie nuus is dat ons nooit gevra sal word om meer barmhartigheid aan ander te bewys as wat God aan ons bewys nie.
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min