Woord vir Vandag - 23 Maart 2026

Loading player...
“Gelukkig is dié wat sag van hart is, want die nuwe aarde sal hulle erfporsie wees.” Matteus 5:5 NLV
Die derde Saligspreking
Om ‘sag van hart’ te wees, beteken nie om ‘n deurmat, besluiteloos, skugter, angstig of ruggraatloos te wees nie. Dit beteken nie dat jy soos ‘n verloorder of ‘n lafhartige swakkeling optree nie. Sagmoedigheid is beheersde mag. Die Bybel sê dat Moses sagmoedig was, meer as enigiemand anders op daardie stadium op aarde (sien Numeri 12:3). Tog was hy bereid om farao teen te staan, om ‘n klaende volk deur die woestyn te lei en ‘n berg wat rook en bewe te klim om persoonlik met die almagtige God te ontmoet. Jesus het Homself as ‘…sag en nederig van hart…’ (Matteus 11:29 NLV), beskryf. Tog was Hy die dapperste man wat ooit geleef het. Wat het Moses en Jesus sagmoedig gemaak? Hulle het beheerste mag gehad. Spreuke 16:32 (AFR83) beskryf hierdie soort mag as volg: ‘’n Geduldige mens het meer waarde as ‘n bedrewe vegter, ‘n mens met selfbeheersing meer as iemand wat ‘n stad inneem. Spreuke 25:28 (NLV) beskryf die teenoorgestelde van iemand wat sagmoedig is: ‘Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie, is soos ‘n stad sonder ‘n muur wat beskerming bied.’ Die sagmoediges is diegene wat die mag het om seer te maak, maar kies om dit nie te doen nie. Hulle het kennis om iemand se reputasie te vernietig, maar gebruik dit nie. Hulle het rede om te haat, maar weier om daarop te reageer. Sagmoedigheid is bloot krag wat ingespan en gebruik word om goed te doen. Diegene wat sagmoedig is, wandel in God se seën. Die sagmoediges volhard totdat die goeie die kwaad oorwin, antwoorde gevind word en versoening vervreemding oorwin. Die sagmoediges slaap snags goed - want hulle vertrou op die Here!
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min