Woord vir Vandag - 22 Maart 2026

Loading player...
“Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.” Matteus 5:4 AFR53
Die tweede Saligspreking
Jesus praat nie noodwendig hier oor die verlies van ‘n geliefde nie, maar dat diegene wat oor hul sondes treur, God se vertroosting sal ontvang. Wanneer jy oor jou sondes en die probleme wat hulle vir jouself en ander meegebring het treur, plaas jy jouself in ‘n posisie om God se vergifnis te ontvang. Ware bekering fokus nie op die self nie. Dit is nie morbied of wanhopig nie; dit spruit nie uit valse nederigheid of selfbejammering nie. Dit is om openlik, duidelik en eenvoudig te erken dat jy God se genade nodig het. Solank as wat jy jou in jou sondes verlustig, probeer om dit te regverdig of ander daarvoor blameer, kan jy nie vergewe word nie. Dit is slegs wanneer jy bid: ‘Ek bely dat ek teen U gesondig het in my gedagtes, my woorde en my dade,’ dat jy jouself in ‘n posisie plaas om van jou sonde gereinig te word. Die Bybel sê: ‘As ons beweer dat ons nie sonde het nie, mislei ons onsself en leef ons nie volgens die waarheid nie. As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alle verkeerde optrede’ (1 Johannes 1:8-9 NLV). Daarin lê ons troos! Dit is God se vergifnis wat ware vreugde en troos in ons siele voortbring. Dit is God se vergifnis wat ons diep innerlike wonde genees en wat ons intimiteit met ons hemelse Vader herstel. Dawid het gesê: ‘Maar ek het my oortredings bely, my sonde nie weggesteek nie. Ek het gesê: ‘Ek bely my opstand teen die Here.’ En my sonde en oortredings het U vergewe’ (Psalm 32:5 NLV).
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min