Woord vir Vandag - 20 Maart 2026

Loading player...
“As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind.” Jeremia 29:13 NLV
Seëvierende gebed
In ‘n ou boek genaamd Prevailing Prayer, word John Wesley se gebedslewe só beskryf: ‘As gewoonte en reël het John Wesley se gewone gebed twee uur per dag in beslag geneem. Soms het hy sy vriende en familie bymekaar gemaak en die hele nag, of totdat die krag van God duidelik geword het, gebid. Niks is as te groot of te klein beskou om na die Here te bring nie. Een keer het John Wesley tydens sy preekbeurt so erg pyn gehad dat hy nie verder kon praat nie. ‘Ek weet wat die geneesmiddel is,’ het hy gesê en onmiddellik neergekniel. Binne oomblikke was die pyn weg. Wesley het van hierdie oomblik waar hy so pyn en koors gehad het dat hy nie kon praat nie, gesê: ‘Ek het Jesus hardop aangeroep om my geloof te vermeerder. Terwyl ek gepraat het, het my pyn verdwyn, my koors het my verlaat en my liggaamlike krag het teruggekeer.’ Wesley het die wêreld met die vuur van sy ywer aangegryp, omdat hy die hemel met die vuur van sy gebede aangegryp het. Sy gebede het mense se gewete aangegryp, omdat dit hulle toegang tot God gegee het.’ Waarom het Wesley elke dag twee uur in gebed deurgebring? 1) Omdat hy gebed as ‘n krag wat hom reinig en korrigeer gesien het. In een van sy gebede het hy gesê: ‘Vul tog alles wat ontbreek, herstel wat in my verkeerd is en vervolmaak my innerlike wese.’ 2) Omdat hy geweet het dat God se wil die enigste plan en doel is waaraan God verbind is. ‘Dit is die vrymoedigheid wat ons voor God het, dat wat ons ook al volgens sy wil vra, Hy na ons luister’ (1 Johannes 5:14 NLV).
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min