Woord vir Vandag - 18 Maart 2026

Loading player...
“…Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.’ 2 Korintiërs 3:18 AFR20
Neem in ‘heerlikheid’ toe
Vanaf 2007 het die REVEAL-navorsingsprojek die gemeentelede van meer as ‘n duisend kerke ondervra. Hulle wou die persentasie kerkgangers wat werklik deur hul geloof gedryf word om God en ander mense met hul hele hart lief te hê, bepaal. Raai hoeveel het aan hierdie kwalifikasies voldoen? Elf persent! Byna nege uit tien gelowiges het nie die graad gehaal nie. Dink so daaraan: As slegs elf persent van ‘n skool se matrikulante slaag, as ‘n hospitaal slegs elf persent van sy pasiënte genees, as ‘n sportspan slegs elf persent van sy wedstryde wen, as ‘n bouer slegs elf persent van sy projekte voltooi, sou dinge nie moes verander nie? Ongeveer 2,2 miljard mense op ons planeet noem hulself Christene. Dit is ongeveer ‘n kwart van die wêreldbevolking. As REVEAL se opname enige aanduiding is, is daar ongeveer twee miljard van daardie Christene wat nie hul Christenskap ten volle uitleef nie. Wat sou gebeur as hulle besluit om voluit vir Christus te begin leef? Hoeveel vreugde sou ontketen word? Hoeveel wysheid sou gedeel word? Hoeveel huwelike sou gered word? Hoeveel oorloë sou voorkom word? Hoeveel hongersnood sou verdwyn? Wat sou dit verg om deel van die elf persent te word - meer deernis, meer oortuiging, meer moed? Watter houdings sou jy moet laat vaar - gierigheid, skuldgevoelens, negatiwiteit, ‘n kritiese gees? Hier is die goeie nuus: Jy kan dit doen. Met God se hulp kan jy die gaping tussen die persoon wat jy is en die persoon wat jy wil wees, oorbrug. Jou ‘heerlikheid’ kan steeds toeneem.
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min