Woord vir Vandag - 17 Maart 2026

Loading player...
“Ek het tot die Here gebid en Hy het my geantwoord. Hy het my bevry van alles waarvoor ek bang is.” Psalm 34:5 NLV
‘n Gebed vir vertroue in die Here
Vader, ek kom met vrymoedigheid voor u troon om barmhartigheid en genade te verkry om van emosionele onsekerheid verlos te word (sien Hebreërs 4:16). U Woord sê dat U u genade oorvloedig oor my sal stort, sodat ek altyd in alle dinge genoeg sal hê en oorvloedig sal wees in elke goeie werk (sien 2 Korintiërs 9:8). Ek verwerp elke gedagte van ontoereikendheid en elke idee wat in teenstelling is met wat u Woord sê oor wie ek is en wat ek kan doen (sien 2 Korintiërs 10:5). Ek weerstaan enige angs oor die moontlikheid om ‘n sosiale of professionele posisie of verhouding te verloor. Ek weet dat niemand u doel vir my lewe kan dwarsboom nie. U, o Here, het my bestemming bepaal (sien Jesaja 14:27). ‘Here, U alleen is my erfenis, my beker van seën. U waarborg my lotsbestemming’ (Psalm 16:5 NLV). U Woord sê dat U my doelbewus in die moederskoot gevorm het om u dienaar te wees. Daarom verbly ek myself en vertrou dat ek perfek ontwerp is om my lewensdoel te behaal (sien Jesaja 49:5). As gevolg van u genade wandel ek nie in self-twyfel of in selfvertroue nie, want ek weet dat ek sonder U absoluut niks kan doen nie (sien Johannes 15:5). Daarom is my oë alleenlik op U gerig om oneindig meer te doen as wat ek kan vra of dink om te vra, volgens u krag wat in my werk (sien Efesiërs 3:20). Ek dank U dat U my verhoor het, my van al my vrese verlos het en dat hulle geen mag meer oor my lewe het nie (sien Psalm 34:5). In die Naam van Jesus Christus bid ek dit, amen.
3 Mar English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min