Woord vir Vandag - 15 Maart 2026

Loading player...
“Elkeen van julle moet respek hê vir julle ma… Ek, die Here, is julle God.” Levitikus 19:3 NLV
Sorg goed vir jou ma
Wanneer jou ouers oud word en minder in staat is om na hulself om te sien, benodig hulle sekere dinge van jou, soos liefde, vriendelikheid, geduld, teerheid, sensitiwiteit en begrip. Toe jy ‘n kind was, het jou ma jou by die skool opgelaai omdat jy nie daarvan gehou het om bus te ry nie, en nou is jy kwaad vir haar omdat sy vyf minute laat is. As jy ‘n tiener is, is dit verkeerd om vriendeliker, bedagsamer en geduldiger met jou vriende en jou vriende se ma’s te wees as met jou eie ma. As jy inderwaarheid jou vriende behandel het soos jy jou ma behandel, sou jy nie baie vriende oorgehad het nie. As jy ook hulle ma’s behandel het soos jy jou eie behandel, sou hulle ma’s nie toelaat dat haar kind enigiets met jou te doen het nie. Wanneer jou ma oud word en meer sorg nodig het, is dit tyd om die leisels oor te neem! ‘Maar sy kla altyd,’ sê jy. Ja, net soos jy gedoen het, nie waar nie? ‘Maar sy praat net oor haarself en vra dieselfde vrae oor en oor.’ Soos hulle ouer word, ervaar ons ouers vrese wat hulle nog nooit tevore gehad het nie en hulle het jou nodig om hulle gerus te stel dat jy altyd daar vir hulle sal wees. Een van die laaste dinge wat Jesus gedoen het toe Hy aan die kruis gesterf het, was om die sorg van sy moeder, Maria, aan sy goeie vriend en dissipel, Johannes, toe te vertrou: ‘Daarna sê Hy vir die dissipel: ‘Kyk, daar is jou ma.’ Van daardie uur af het die dissipel Jesus se ma by hom aan huis geneem’ (Johannes 19:27 NKV). Die woord vir jou vandag is dus - sorg goed vir jou ma.
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min