Woord vir Vandag - 14 Maart 2026

Loading player...
“Wag en kyk! Die Here sal in julle plek veg.” Eksodus 14:14 NLV
‘Keep calm and carry on’
Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Britse Departement van Inligting drie plakkate ontwerp. Die eerste het gelees: ‘Your courage, your cheerfulness, your resolution will bring us victory.’ Die tweede het gelees: ‘Freedom is in peril.’ Die derde en bekendste plakkaat het gelees: ‘Keep calm and carry on.’ Die departement het 2,4 miljoen van die derde soort plakkaat gedruk, maar dit is nooit in die openbaar vertoon nie. Hierdie leuse het so te sê uit Brittanje se bewussyn verdwyn, todat ‘n paartjie wat ‘n boekwinkel in Alnwick besit - Stuart en Mary Manley – ‘n oorspronklike kopie van die plakkaat onder in ‘n boks ou boeke ontdek het. Met farao se strydwaens wat van agter op hom afjaag en die Rooi See voor hom, het Moses hom op ‘n moeilike en gevaarlike plek bevind. Dit is toe dat God vir Moses hierdie instruksie gee: ‘…Hierdie Egiptenaars wat julle vandag hier voor julle sien, sal nooit ooit weer gesien word nie. Wag en kyk! Die Here sal in julle plek veg’ (Eksodus 14:13-14 NLV). Dit klink baie soos ‘Keep calm and carry on,’ nie waar nie? Dit moes baie moeilik gewees het om stil te staan terwyl die Egiptiese strydwaens teen volle spoed reguit op die Israeliete afstorm. Wanneer ons onsself in hierdie soort situasie bevind, wil ons iets doen – enigiets. Ons het ‘n senuweeagtige energie wat probeer om probleme so vinnig as moontlik op te los. Dit is egter in hierdie toetse wat geloof en vertroue geopenbaar word. Soms lei God ons na ‘n plek waar ons nêrens anders heen kan gaan as na Hom nie. Is dit waar jy vandag is? Vertrou dan op God se krag, liefde en getrouheid en Hy sal jou veilig daardeur lei.
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min