Woord vir Vandag - 13 Maart 2026

Loading player...
“Verdra mekaar en as enigeen ‘n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar…” Kolossense 3:13 NLV
Is jy ‘n onreg aangedoen? Vergewe!
Wanneer jy die lewens van diegene wat deur God in die Bybel gebruik is bestudeer, sien jy dat hulle nie van seer, teleurstelling of selfs verraad gespaar is nie. Die waarheid is dat as jy lank genoeg leef, iemand jou ‘n onreg sal aandoen. Die vraag is - hoe gaan jy reageer? Die apostel Paulus vertel ons hoe ons moet reageer: ‘Verdra mekaar en as enigeen ‘n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het.’ Daar is ‘n verhaal van twee vriende wat deur die woestyn geloop het toe hulle in ‘n argument betrokke raak. Een vriend het die ander in die gesig geslaan. Die een wat geslaan is, was seergemaak. Sonder om ‘n woord te sê, het hy in die sand geskryf: ‘Vandag het my beste vriend my in die gesig geslaan.’ Hulle het aangehou loop totdat hulle ‘n oase gekry het. Omdat hulle dors was, het hulle gestop vir water. Die een wat geslaan is, het in die modder vasgesit, ingeval en amper verdrink. Sy vriend het toe sy hand uitgesteek en hom gered. Daardie nag het hy die volgende woorde op ‘n groot klip uitgebeitel: ‘Vandag het my beste vriend my lewe gered.’ Die vriend wat hom eers geklap en toe gered het, het gevra: ‘Nadat ek jou seergemaak het, het jy in die sand geskryf. Nou skryf jy egter op die klip. Hoekom?’ Hy het geantwoord: ‘Wanneer iemand ons seermaak, moet ons dit in die sand skryf, waar die winde van vergifnis kan waai en dit uitvee. Wanneer iemand egter iets goeds vir ons doen, moet ons dit in klip uitbeitel waar dit vir ewig onthou sal word.’ Barmhartigheid vergeet die verkeerde dinge en onthou die regte dinge!
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min