Woord vir Vandag - 12 Maart 2026

Loading player...
“Red my van my oortredings. Moenie dat ek die spot van dwase mense word nie.” Psalm 39:9 NVL
Die nadele van onsedelikheid
Na sy owerspel met Batseba het koning Dawid uiteindelik sy sonde aan die profeet Natan bely. ‘…Natan antwoord hom: ‘Die Here het jou sonde vergewe sodat jy nie weens hierdie sonde sal sterf nie. Maar jy het vir die vyande van die Here geleentheid gegee om Hom te laster…’’ (2 Samuel 12:13-14). Later sou Dawid in die Psalms skryf: ‘Red my van my oortredings. Moenie dat ek die spot van dwase mense word nie.’ Kom ons neem ‘n oomblik en oorweeg die nadele van onsedelikheid wanneer dit openbaar gemaak word: 1) Jou maat ervaar skaamte, verwerping, verraad en hartseer. Geen mate van berou of om vergifnis te vra kan die seer versag nie. Agterdog vervang vertroue. 2) Die onskuld en vertroue van jou kinders word ‘n verwoestende slag toegedien. Hul gesonde uitkyk op die lewe sal waarskynlik ernstig beskadig word. 3) Die hartseer wat jou ouers, familie en maats ervaar, is onbeskryflik. Jy sal ook waarskynlik verleë wees om ander Christene in die oë te kyk, veral diegene wat jou waardeer, gerespekteer en vertrou het. 4) Jou oortreding mag deur ander gesien word as toestemming om dieselfde te doen. 5) Jou innerlike vrede sal verdwyn. (6) Jy sal jou vrymoedigheid voor God verbeur. 7) Jou vyande sal rede hê om jou te spot en die saak wat jy verteenwoordig, sal skade ly. Dis ‘n hoë prys om te betaal. Wat is die antwoord? Word deur die Heilige Gees vervul en bly deur die Heilige Gees vervuld. ‘Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg… selfbeheersing…’ (Galasiërs 5:22-23 NLV).
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min