Woord vir Vandag - 11 Maart 2026

Loading player...
“As jy die Here God gehoorsaam, sal jy al die seëninge beleef” Deuteronomium 28:2 NLV
Tel jou seëninge
Jode sê elke dag ‘n minimum van eenhonderd seëngebede wat met die Hebreeuse formule: Baruch Atah Adonai begin, op. Praktiserende Jode seën God wanneer hulle iets vir die eerste keer sien of ervaar. Hulle seën God vir reuke en smake. As iets aangenaam is, seën hulle God. As jy iets volgens die Talmoed geniet sonder om ‘n seën te spreek, is dit asof jy dit gesteel het. ‘As jy die Here God gehoorsaam, sal jy al die seëninge beleef.’ Jy weet nooit hoe of wanneer God jou sal seën nie. Anders as sy goedheid en genade wat ons al die dae van ons lewens vergesel (sien Psalm 23:6), volg die seëninge van God jou soos ‘n hittesoekende missiel. Hulle is warm op jou spoor en eendag gaan hulle jou inhaal. God seën ons nie sodat ons ‘n hoër lewenstandaard kan volg nie; Hy seën ons sodat ons in staat is om meer te gee. Die grootste seën is die vermoë om ander mense te seën. Is jy geseënd? Dan moet jy die seën omkeer en ander mense seën. Waar het God jou guns bewys? Dis waar jy die guns moet terugbetaal. Daar is geen groter vreugde as om aan die geekant van ‘n geskenk te wees nie. Is dit nie wat Jesus gesê het nie? ‘…Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang’ (Handelinge 20:35 NLV). Daar is honderde seëninge in die Skrif, elk met jou naam op. As jy in Christus is, behoort hierdie seëninge aan jou. ‘want al die baie beloftes van God in Christus Jesus is ‘n volmondige ‘ja’…’ (2 Korintiërs 1:20 NLV). Tel dus jou seëninge.
27 Feb English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Oct 2026

‘Always be willing to listen and slow to speak.’ James 1:19 NCV Your words have power What comes out of your mouth, and what you might text or tweet, is of such importance that James devotes almost an entire chapter to it (see James 3:1-12). Why? Because your words have…
29 Sep 1 min

Woord vir Vandag - 31 Okt 2026

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Jou woorde het krag Wat uit jou mond kom en wat jy dalk SMS en Whatsapp, is so belangrik dat Jakobus amper ‘n hele hoofstuk…
29 Sep 2 min

Word for Today - 30 Oct 2026

‘Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.’ Romans 12:21 NKJV You can break that bad habit When we started our relationship with Christ, we began a lifelong journey of becoming the people God created us to be. In the process, we learn how to overcome our…
29 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2026

“Moenie toelaat dat die slegte julle onderkry nie, maar deur goed te doen moet julle die slegte hokslaan.” Romeine 12:21 NLV Jy kan daardie slegte gewoonte verbreek Toe ons verhouding met Christus begin het, het ons ‘n lewenslange reis aangepak om die mens te word wat God ons geskep het…
29 Sep 2 min

Word for Today - 29 Oct 2026

‘You…made me bold with strength in my soul.’ Psalm 138:3 NKJV Believe in yourself; God does! A little boy was overheard talking to himself as he strutted out of his house and into the back garden carrying a baseball bat and a ball. He tipped his baseball cap in a…
29 Sep 1 min